Upington Businesses | Peet Cilliers - Wit Dorperstoet

Peet Cilliers – Wit Dorperstoet

Die tuiste van Peet Cilliers en sy Vergesig Witdorper Stoet is die Kalahari. Peet Cilliers is getroud met Retha en het 4 kinders. Trompie, Marica, Marnel en Mariska. Peet is ‘n boorling van die Kalahari en met sy liefde vir die natuur en passie vir die Dorper ras, was sy keuse om na skool te boer, vanselfsprekend.

Op sy jeugdige ouderdom het Peet reeds diep spore getrap in die suksesverhale van die Suid-Afrikaanse Dorperras en meer spessifiek as teler van Witdorpers.

In 1996 behaal hy die rekordprys van R250 000.00 met sy ram, Boude. Die hoogte prys ooit vir enige kleinvee ras in Suid-Afrika. Dieselfde jaar behaal hy ook die rekord vir ‘n Dorper ooi naamlik R30 000.

Die nageslag van beide dié twee diere vorm die kern van Vergesig Wit Dorperstoet en verskeie uitsoek ramme en ooie is sederdien geteel.

Die Vergesig Witdorper Stoet spog onder andere met die volgende prestasies op die tweejaarlikse SA nasionale (en wêreld) skou.




Location


What to Do & See

Copyright © 2019. Barkly West Accommodation, Business & Tourism Portal. All Rights Reserved.

Website Designed & Maintained by Web Ateljee